www.doornrivier.co.za

Kontak persoon
Ds. Barrie
082 211 7926
BOSRUMOER
30 Sep - 2 Oct
Zeerust
Noord wes
9km op Gaborone pad R49


you are here - home

home

Baie
Kunstenaars
Baie dankie vir almal wat deel was
Ons maak volgende jaar weer so

BOSRUMOER‘N REUSE SUKSES!

Dit het toe gebeur…..net baie groter as wat enige van ons kon droom. 1600 pare voete deur die Hekke….en dit op Zeerust!

Die Bosrumoer se eerste fees het op 30 September -2 Oktober 2011 op Doornrivier in die Zeerust omgewing plaasgevind. Danksy harde werk van almal betrokke en die goeie gesindheid van die gemeenskap en veral Pick en Pay Zeerust (Tom), kan ons s? dit was ‘n reuse sukses. Die organiseerders is verbaas en dankbaar dat die eerste poging om Zeerust weer terug op die kaart te plaas so goed verloop het. Paul Jordaan van PJP Promosies het die kunstenaars gere?l en hy het na afloop van die fees die volgende ges?: “Ek en Dewald was regtig baie be?ndruk met die manier hoe julle die fees aangepak en deurgevoer het.  Duidelik kon ons sien dat julle en natuurlik julle helpers, baie beplanning en harde werk ingesit het om alles so ooglopendglad te laat verloop”.

Vrydagaand 30 September om 6 uur het alles begin met die Duitse Fees. Duitse kos en natuurlik,die “Beermugs Band”, wat almal aan die lag en gesels en gedans gekry het.

Saterdag 1 Oktober was die groot dag. Daar was alles omalmal die hele dag besig te hou. Die vroegoggend skietkompetisie is goedbygewoon en die .50 Swartkrytgeweer is deur HenryHoltzhauzen gewen. Daarna is die Stap-vir-Bybels gehou en alle opbrengste vandie stap word aan die Bybelgenootskap van SA oorbetaal.

Die Diamantstormloophet baie groot aftrek gekry. Elke blinkoog deelnemer kon self sy eie sakkiediamantgruis deur”pan” om te kyk of hy die grotegewen het. Die totale waarde van die beskikbare diamante was nagenoegR40 000.

Die Bosrumoer MountainbikeClassic het om 9:00 weggespring en alhoewel die roete, volgens diedeelnemers, baie uitdagend was, het almal net groot lof vir die roete en dieomgewing gehad. Die wenners was:  Mans 20km: Steve Howell, Mans 40km:  Seamus O'Neill, Mans 60km:  Koen de Ruyck: Dames 20km: Rachel Howell,Dames 40km: Martien Nel.






UItstalruimte beskikbaar
Kontak Elize vd Merwe
0835627693

Daarna het die Motorfiets en Quad wedrenneplaasgevind. Dit was ‘n tegniese roete en alhoewel dit op die asemrowendeDoornrivier 4x4 roete was, daar was nie tyd vir rondkyk en speel nie.  Deelnemers was oorwegend uiters positief oordie wedren en het te kenne gegee dat hulle dit volgende jaar weer sal doen enbaie vriende sal saambring. Die wenners in die kategori? was:

Motorfietse“Overall class”:       Hugo vanNiekerk,  DAMES:    S Allen,  Seniors:   Jaco Thorne,  200cc: Jaco Marais, Ope Klas:   Hugo van Niekerk .

QUADS:Overall:   Andre Ward,  Open class:   A Ward, Senior:  R van den Meer,  200cc:  W Welman

DiePypkar pretritte was ‘n treffer enbaie mense wat nog nooit in hulle lewe in ‘n pypkar gery het nie, kon beleefhoe die adrenalien pomp terwyl die bestuurders die pypkarre dinge laat doen wat‘n spinnekop sou laat sidder.  Dennis die Nar het die kleuters enlaerskoolkinders die hele dag lank laat skater en snak na hul asems met synarstreke en kulkunsies. Hy het hulle geleer om hul verbeelding vrye teuels tegee met klippe wat geverf en geplak word totdat hulle soos troeteldiere lyk.Die beste van alles was Dennis se gesigverf tegnieke wat klein en groot op dieterrein beindruk het en die hele feesterrein na ‘n blomtuin laat lyk het.

Terwyldit alles gebeur het, kon feesgangers hul opponente uitdaag vir ‘n potjie “paintbal”. Waterballe het groot pr?t verskaf. En springkastele het kleutersure lank besig gehou.

DieLidmate van die Hervormde Kerk Zeerust het die hele dag gesorg dat mage vol blyen soettande bevredig word. Uitstallersvan buite het hul ware, wat wissel van handgemaakte kunswerke tot speelgoed,musiek CD’s en wat nog, ten toon gestel en werklik goeie blootstelling gekry.

Tanavan Straaten van Slimfit, met behulp van Adian van Straaten en Ferdi Vermaak,  het Survivoraangebied om klein en groot die geleentheid te bied om hulle staal te wys.  Sy was ook verantwoordelik vir die Babakompetieses en ook die Mej Zeerustkompetisie waar wenners met groot pryse weggestap het.  En glo my, Zeerust het inderdaad van diemooiste meisies in die land. Mej Zeerust 2011 is die pragtige MONIQUE ZIETSMAN.

Vanaf3 uur die middag tot laat die aand is feesgangers vermaak deur topklas musiekkunstenaars gere?l deur PJP Promosies. Zandr? het veral die manne aan haarvoete gehad. Daarna het die veelsydige Joe F jonk en oud op hulle voete gehad.David Fourie se sjarme het harte gesteel, terwyl Pieter Smith, op sygebruiklike manier, die hele gehoor, jonk en oud, betrek het. Die aand hetafgesluit met Arno Jordaan wat sy bekende gunstelinge uitgevoer het.  Na 5 en ‘n half ure se musiek kon almal op ‘nhigh huistoe gaan en uitsien na Bosrumoer 2012.

Sondag2 Oktober is die geleentheid afgesluit met ‘n Erediens in die Doornrivier saal.

Dieorganiseerders wil almal wat so ongelooflik hard gewerk het om van Bosrumoer ‘ngroot geleentheid te maak, diep uit ons harte bedank. Dit was goed. Kom onsdoen dit volgende jaar weer. Net groter.

Bosrumoer 2012 is dieGeleentheid om op jou jaarprogram te reserveer!
Sien julle volgende jaar
Deposito ten gunste van                                                                                                    Deposit in favour of
                                                           HERVORMDE KERK ZEERUST
Bank:ABSA Bank                                                                                     ABSA
Zeerust Tak 632005                                                                                  Zeerust Branch 632005
Rek 1380580086                                                                                      Account 1380580086
Verwysing: Event , voorletters & van                                                       Reference: Event name, Initials & Surname

E-pos / faks inskrywings vorm & depositostrokie aan                              Mail/ Fax entry forms & Deposit slip to:
                                                                               barendob@gmail.com / 0866311096


Algemene inskrywing : e-mail vorm na Mariesa
email: Mariesa

Groep inskrywing (survivor) : e-mail vorm na Mariesa
email: Mariesa

Quad inskrywing : e-mail vorm na Dawie of Jaco
email: Dawie
email: Jaco

MTB inskrywing
Elevation  http://www.bosrumoer.co.za/Lr_Items/documents/156.pdf

Akkomodasie
Accomodation
Doornrivier 4x4 083 276 5081

Tapologo Lodge  018-642 2444

Kingfisher Guesthouse  018 642 1417

Grey Loerie B&B  084 511 7072

Sha Henne's 018 642 1564

Bly 'n Biekie B&B 018 642 1564

Tholo Lodge  083 992 4323

Goedehoop B & B 018 642 3308

Le Kraal Selfsorg 018 642 1208

Marico Bosveld B&B 018 642 3545

Avanti 082 655 0022

Rietvaly Farm Guesthouse  079 8572478